Kortkursusse

Die tariewe vir elke kursus sal binnekort bekendgemaak word.

Noodhulp Vlak 1 - R1200

14-15 Maart 2024
5-6 September 2024

Onderwerpe sluit die volgende in:

  • Noodsituasies
  • KPR
  • Kopbeserings
  • Verdrinking

TETA23-1568-akkreditasie

Klik hier om te registreer!

Inleiding tot palliatiewe sorg - R2900

11 September 2024 - 23 Oktober 2024 (elke Woensdag)

Palliatiewe sorg fokus op die versorging en ondersteuning van mense met 'n lewensbedreigende siekte en hul geliefdes. Die simptome en die stres van saamleef met 'n kroniese siekte word hanteer.

Die doel van palliatiewe sorg is om die beste moontlike lewenskwaliteit vir pasiënte en hul gesinne te bewerkstellig. Die klem is op die lewe en nie op die dood nie.

Klik hier om te registreer!

Werksetiek en etiese kwessies

20-21 Junie 2024

Meer inligting volg binnekort

Kontak ons vir meer inligting

Begeleiding van Persone met Gestremdhede

6 Julie 2024 – 31 Augustus 2024 (Elke Saterdag)

Begeleiding van persone met gestremdhede is meer as blote versorging en die voorsiening in basiese behoeftes. Die doel is om 'n beter lewenskwaliteit vir die persone met gestremdhede en hulle gesinslede te bewerkstellig deur te fokus op die potensiaal van persone met gestremdhede en nie hul beperkings of gestremdheid nie.

Die kursus sluit onder meer die volgende in:

  • Gestremdhede en die effek daarvan op die pasiënt en huishouding
  • Die gebruik van hulpmiddels om 'n beter lewenskwaliteit te verseker
  • Die impak van potensiële sekondêre komplikasies van gestremdheid en die hantering daarvan
  • Kommunikasie met en emosionele ondersteuning van gestremde persone en hul gesinne
  • Basiese stimulasie en die aanleer van lewensvaardighede
  • Uitdagings in die werksituasie

Kontak ons vir meer inligting

Rousmart en depressie

25-26 Julie 2024

Meer inligting volg binnekort.

Kontak ons vir meer inligting

Selfbeeld en roeping

22-23 Augustus 2024

Meer inligting volg binnekort.

Kontak ons vir meer inligting