Ons Droom
Ons droom is om gemeenskappe toe te rus om mekaar te versorg.
Toerus
- met kennis en inligting wat deur navorsing verkry is
- om op te voed, op te lei, te bemagtig, te ontwikkel
Versorg
- die totale welstand van die gemeenskap
- fisies, sosio-emosioneel, kultureel, finansieel, geestelik
Ons Rede
Versorg kundig, met hart en hande.
Versorg
Versorger sorg vir mense in die gemeenskap
Kundig
Bekwaam, met kennis wat deur navorsing verkry is
Met hart
opreg, met oorgawe, roepingsgedrewe
Ons personeel
Ons personeel is talentvolle, roepingsgedrewe mense.
Ons personeel werk met selfvertroue en integriteit wat bydra tot ons produktiwiteit.
Die kultuur en waardes word binne die afdeling gevestig en personeel werk nie net nie, hulle leef hul roeping uit.
Ons streef daarna om tegnologie met gemak aan te wend en om ons werk effektief te verrig.
Ons werk slimmer en nie harder nie, en kry soveel meer gedoen met dieselfde hoeveelheid tyd.
Ons bereik ons doelwitte en uitkomstes.
Gedissiplineerde denke en aksies is deel van ons, want ons is gedissiplineerde mense.
Ons skep genoeg ruimte en energie om groei en ontwikkeling te bewerkstellig.
Ons studente:
Ons studente werk hard en met oorgawe.
Hulle word deel van ons Alumni-vereniging.
Ons afgestudeerde studente word al meer en maak ons aanbod van goed opgeleide versorgers al groter.
Ons studente se loopbaanontwikkeling is vir ons belangrik, daarom brei ons ons aanbod van programme en kortkursusse voortdurend uit.
Ons afgestudeerde studente word ons verlengstukke in die gemeenskap.
Saam met ons studente trek ons ander ervare versorgers wat van ons opleiding wil gebruik maak.
Ons toekomshoop vir elke personeellid en student.
Ons personeel is veerkragtig en gedrewe en help bou aan 'n toekoms vir ons Afrikaner-gemeenskap. Daar is 'n leerkultuur onder ons personeel en studente, en ons besef die waarde daarvan om ons kennis voortdurend uit te brei. Om hierdie rede kan ons ons doelwitte bereik: om aktief daaraan te werk om groter, sterker en doeltreffender te word.
Waardes
Die Opleidingsinstituut se waardes is soos volg:
Ontmoet die span
Dr. Elsha Hermann
“Elke student se hande en hart word tot diens geroep, mag ons by die SHH Opleidingsinstituut nooit moeg word om die hande en harte met oorgawe te vorm nie.”
Delmei Delport
"Bly altyd gehoorsaam aan God se stem. Leef met 'n roepingsgedrewe hart en streef daarna om 'n verskil te maak waar jy ook al gaan. Alles op aarde is tydelik, maar jou impak kan ewig wees."
Abigail Grundlingh
"Dit is 'n voorreg om te kan leer en 'n opvoeding te kry. Gebruik jou kennis om die Here te dien deur jou gemeenskap te bevorder en jou medemens te ondersteun."
Lizanne Blignaut
“Produktiwiteit en sukses is nooit ʼn ongeluk nie. Dit is die resultaat van toewyding tot uitmuntendheid, intelligente beplanning en gefokusde pogings”. – Paul J Meyer
Sr. Rita van der Gryp
"Ware versorging begin met 'n hart wat oorloop van liefde en 'n diep wil om 'n verskil te maak, want om te versorg is om te glo dat selfs die kleinste gebaar van vriendelikheid 'n lewe kan verander."
Marietjie Potgieter
“Dis nooit te laat vir ‘n nuwe droom nie, maar dis altyd te gou om op te gee.”
Isabel Faurie
"Lewe voluit"
Gert Ysel
"Dis die klein dingetjies wat baie ver gaan."
