Wie of wat is die
Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut?
Die Opleidingsinstituut is 'n inisiatief van Solidariteit Helpende Hand. Dit is 'n privaat sentrum vir vaardigheidsopleiding met 'n Christelike grondslag.
In Suid-Afrika is daar 'n enorme tekort aan versorgers, en waar opleiding wel plaasvind, is die gehalte nie altyd na wense nie. Die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut streef daarna om wêreldgehalte versorgers op te lei wat gereed is vir die uitdagings van die toekoms en 'n groot bydrae kan lewer om gehaltesorg aan te vul.
Ontmoet die span

Dr. Elsha Hermann
“Elke student se hande en hart word tot diens geroep, mag ons by die SHH Opleidingsinstituut nooit moeg word om die hande en harte met oorgawe te vorm nie.”

Pieter van der Walt
“ Wat kan ek vir jou doen?”

Delmei Delport
"Bly altyd gehoorsaam aan God se stem. Leef met 'n roepingsgedrewe hart en streef daarna om 'n verskil te maak waar jy ook al gaan. Alles op aarde is tydelik, maar jou impak kan ewig wees."

Abigail Grundlingh
"Dit is 'n voorreg om te kan leer en 'n opvoeding te kry. Gebruik jou kennis om die Here te dien deur jou gemeenskap te bevorder en jou medemens te ondersteun."

Lizanne Blignaut
“Produktiwiteit en sukses is nooit ʼn ongeluk nie. Dit is die resultaat van toewyding tot uitmuntendheid, intelligente beplanning en gefokusde pogings”. – Paul J Meyer

Sr. Rita van der Gryp
"Ware versorging begin met 'n hart wat oorloop van liefde en 'n diep wil om 'n verskil te maak, want om te versorg is om te glo dat selfs die kleinste gebaar van vriendelikheid 'n lewe kan verander."

Marietjie Potgieter
“Dis nooit te laat vir ‘n nuwe droom nie, maar dis altyd te gou om op te gee.”

Isabel Faurie
"Lewe voluit"

Gert Ysel
"Dis die klein dingetjies wat baie ver gaan."