Inleiding tot palliatiewe sorg
Kortkursusse
R2 900
Inleiding tot palliatiewe sorg
Datum: 7 Mei 2025 – 11 Junie 2025 (elke Woensdag om 09:00)
Aanbieder: Cariza Impey en Nelia Drenth
Prys: R2 900
Alle kursusmateriaal is ingesluit in die prys.
Adres: Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut
David Langleystraat 433
Garsfontein
Pretoria
Minimum kwalifikasie benodig:Graad 10 en ervaring in versorging
Teikengroep: Versorgers, tuisversorgers en maatskaplike werkers in die mediese veld
Onderwerpe wat hanteer word:
- Beginsels van palliatiewe sorg, etiese aspekte en vertroulikheid
- Effektiewe kommunikasie en ondersteuning van die pasiënt en gesin
- Pynberaming en -hantering
- Die effek van kroniese siekte en veroudering op die liggaam en die
hantering daarvan - Geestelike ondersteuning, rou en verlies
- Sterwensbegeleiding
Vriendelike groete
Cariza Impey en Nelia Drenth
012 111 8360
Besonderhede:
Tydsduur
6 Dae