Palliatiewe sorg fokus op die versorging en ondersteuning van mense met 'n lewensbedreigende siekte en hul geliefdes. Die simptome en die stres van saamleef met 'n kroniese siekte word hanteer.
Die doel van palliatiewe sorg is om die beste moontlike lewenskwaliteit vir pasiënte en hul gesinne te bewerkstellig. Die klem is op die lewe en nie op die dood nie.
Vir wie is hierdie kursus?
Hoekom moet jy die kortkursus Inleiding tot palliatiewe sorg oorweeg?
Hierdie kursus is ideaal vir enigiemand wat vir 'n geliefde of pasiënt met 'n ernstige siekte sorg. Ongeag of jy 'n gesondheidswerker, versorger of 'n familielid van 'n geliefde met 'n terminale siekte is, hierdie kursus help om werklik 'n verskil te maak waar dit die meeste saak maak.
Wat behels die kortkursus?
Dit is 'n inleidende kursus.
Inhoud: 7 modules
Koste: R2 900, alle kursusmateriaal ingesluit
Tydsduur: 4 dae
Aanbieder: Sr. Cariza Impey
Kampus: Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut, David Langleystraat 433, Garsfontein, Pretoria
Ervaring in versorging sal tot jou voordeel strek.
Kursusinhoud
Onderwerpe wat hanteer word
- Beginsels van palliatiewe sorg, etiese aspekte en vertroulikheid
- Effektiewe kommunikasie en ondersteuning van die pasiënt en gesin
- Pynberaming en -hantering
- Die effek van kroniese siekte en veroudering op die liggaam en die hantering daarvan
- Geestelike ondersteuning, rou en verlies
- Sterwensbegeleiding
Navrae
Stuur asseblief 'n e-pos na [email protected]
vir alle navrae.
Registreer nou
Klik op die skakel om jou plek te waarborg:
Is jy 'n lid van Solidariteit?
Lede van Solidariteit kwalifiseer vir eksklusiewe afslag op die kursus vir tuisgebaseerde versorgingsassistente! As jy reeds 'n lid is, klik op die skakel om meer daaroor uit te vind: SOLIDARITEIT-OPLEIDINGSVOORDEEL
