Helpende Hand Studietrust Rentevrye studielenings

Rentevrye studielenings

Die Solidariteit Helpende Hand Studietrust stel ʼn beperkte aantal rentevrye studielenings aan studente beskikbaar. Voornemende studente wie se aansoek geslaagd was, kan daarvoor aansoek doen. Kandidate moet ʼn streng keuringsproses ondergaan om vir so 'n lening te kwalifiseer.

Solidariteit-opleidingsvoordeel

Solidariteit bied aan sy lede 'n omvattende gesubsidieerde opleidingsvoordeel by al die opleidingsinstellings in die Solidariteit Beweging. Alle voordele is onderhewig aan Solidariteit se bepalings en voorwaardes. 

SUBSIDIE VAN R3 000

LIDMAATSKAP VAN
12 MAANDE EN LANGER

Solidariteit-lede met ʼn lidmaatskap van
12 maande en langer sal vir ʼn subsidie
van R3 000,00 op die lid en op hul kind se studie kwalifiseer.

SUBSIDIE VAN R6 000

LIDMAATSKAP VAN
5 JAAR EN LANGER

Solidariteit-lede met ʼn lidmaatskap van
5 jaar en langer sal vir ʼn subsidie
van R6 000,00 op die lid en op hul kind se studie kwalifiseer.

SUBSIDIE VAN R9 000

LIDMAATSKAP VAN
10 JAAR EN LANGER

Solidariteit-lede met ʼn lidmaatskap van
10 jaar en langer sal vir ʼn subsidie
van R9 000,00 op die lid en op hul kind se studie kwalifiseer.