Kampusopedag | 28 Junie 2025

Kom ervaar self wat ons uniek maak! Of jy nou op soek is na die regte plek om te leer, te groei of jou toekoms te vorm, ons kampusopedag is die perfekte geleentheid om ’n voorsprong te kry.

Kom ontmoet ons span, verken ons fasiliteite, vra vrae en beleef ons omgeekultuur.

Datum: 28 Junie 2025
Tyd: 09:00-12:00
Adres: David Langleystraat 433, Garsfontein, Pretoria

Dié dag is gratis en oop vir almal – jy moet net registreer!

Waarom moet ek die kampusopedag bywoon?

Om meer te leer oor my opleidingsmoontlikhede

Om antwoorde op al my vrae te kry

Om met die lektor te gesels

Om die vriendelike personeel te ontmoet

Om die omgeekultuur te ervaar

Om die Opleidingsinstituut-kampus te verken

JOU TOEKOMS IN TUISVERSORGING WAG VIR JOU!

Waar is ons geleë?

Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut,

David Langleystraat 433,

Garsfontein, Pretoria

Verdere navrae?

Vir enige navrae, stuur asb. ʼn epos na [email protected]