Opleiding van tuisgebaseerde versorgingsassistente

Die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut bied 'n kursus vir die opleiding van tuisgebaseerde versorgingsassistente aan. Hierdie kursus fokus op basiese opleiding in die versorging van kwesbare persone, pasiënte en bejaardes en is gegrond op 'n Christelik gereformeerde waardestelsel.

Aanvangsdatum: Februarie 2026

Kwalifikasie en akkreditasie

  • Graad 9-sertifikaat
  • Moet Afrikaans magtig wees, want die onderrigtaal is Afrikaans
  • Eie vervoer en verblyf

Toelatingsvereistes:

  • Graad 9-sertifikaat
  • Moet Afrikaans magtig wees, want die onderrigtaal is Afrikaans
  • Eie vervoer en verblyf

Tydsduur: Ses (6) maande

Kampus

Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut, David Langleystraat 433, Garsfontein, Pretoria

Koste

R18 000 (BTW ingesluit)
*Onderhewig aan verandering

Die koste sluit die volgende in:

  • Registrasiefooi van R1 200
  • Tuisgebaseerde-versorgingsassistent-sertifikaat (QCTO NKR Vlak 2)
  • Noodhulp Vlak 1-sertifikaat (TETA23-1568)
  • Versorgerstassie
  • Studiemateriaal
  • Uniform
Aanvangsdatum

Februarie 2026

Doen op die webtuiste aansoek: AANSOEK 

Kwalifikasie en akkreditasie

Beroepsertifikaat: Tuisgebaseerde-versorgingsassistent, NKR Vlak 2, 68 krediete, SAQA ID: 104779

Toelatingsvereistes

Graad 9-sertifikaat
Moet Afrikaans magtig wees, want die onderrigtaal is Afrikaans
Eie vervoer en verblyf

Tydsduur

Ses (6) maande

Kampus

Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut
David Langleystraat 433, Garsfontein, Pretoria

Koste

R18 000 (BTW ingesluit)
*Onderhewig aan verandering

Die koste sluit die volgende in:

  • Registrasiefooi van R1 200
  • Tuisgebaseerde-versorgingsassistent-sertifikaat (QCTO NKR Vlak 2)
  • Noodhulp Vlak 1-sertifikaat (TETA23-1568)
  • Versorgerstassie
  • Studiemateriaal
  • Uniform

Opleidingsformaat

Ons voltydse program strek oor ses maande en bestaan uit drie goed geïntegreerde komponente:

  • Teorie: 'n Ervare, geregistreerde verpleegkundige bied klasse aan in 'n moderne, goed toegeruste lesinglokaal.
  • Praktiese vaardighede: Studente oefen praktiese sorgvaardighede in in 'n spesiaal ingerigte simulasielaboratorium
  • Werksgebaseerde ervaring: Studente werk onder toesig in 'n tehuis in diens van die gemeenskap om ervaring op te doen en hulle vaardighede verder te verfyn.

Die program word hoofsaaklik in Afrikaans aangebied. Sekere studiemateriaal is egter slegs in Engels beskikbaar.

Teoretiese klasse word afgewissel met praktiese oefening en werkservaring. Teoretiese klasse is verpligtend en vind daagliks plaas van 09:00 tot 16:00. Studente moet minstens 300 uur simulasie voltooi en 300 uur werkservaring opdoen.

Die finale assessering is 'n eksterne eksamen. Na die suksesvolle aflegging van die eksamen kan jy as 'n gekwalifiseerde tuisversorgingsassistent werk.

Teoretiese module

Fundamentele beginsels van tuisversorging: etiese raamwerk waarbinne versorging plaasvind

Praktiese modules
  • Identifiseer en rapporteer probleme en behoeftes van pasiënte, hul gesinne en huishoudings. 
  • Fisiese versorging beplan deur die verpleegkundige soos pynbeheer, posisionering, mobilisasie, eerstehulp, ondersteuning tydens psigiese gesondheidsprobleme, versorging van kwesbare en bejaarde persone, uitvoering van basiese ondersoeke en toetse, en hulpverlening met wondversorging. 
  • Bemagtiging van pasiënte, hul gesinne en huishoudings deur middel van onderrig in fisiese versorging.
Werkservaringmodules
  • Versorg bejaardes, kwesbares en gestremdes in plaaslike tehuise vir bejaardes
  • Werk onder die toesig van 'n geregistreerde verpleegkundige en gekwalifiseerde versorger
Verrykende modules

Addisionele verrykende modules word deurentyd by die opleiding ingevoeg om aan die student 'n wye blootstelling in die veld te bied, insluitend:  

  • besoeke aan verskeie instansies soos die Oorinstituut;
  • noodhulp Vlak 1; en  
  • samewerking met die Solidariteit Mediese Netwerk wat toegang bied tot die Student tot Meester-funksie.

Professionele selfontwikkeling

By die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut glo ons dat professionele versorging onlosmaaklik verbind is met persoonlike ontwikkeling. Daarom bied ons bo en behalwe die akademiese kurrikulum ook gestruktureerde groepwerksessies aan wat fokus op die bevordering van professionele en interpersoonlike vaardighede.

Onder leiding van 'n maatskaplike werker word temas soos konflikhantering, waardes, stresbestuur en die bou van gesonde verhoudings op 'n praktiese en insiggewende wyse hanteer. Dié sessies skep 'n veilige en ondersteunende ruimte waar studente lewens- en kommunikasievaardighede aanleer, samewerking bevorder en 'n begrip ontwikkel vir ander se perspektiewe.

Die doel is om elke student toe te rus met vaardighede en kennis wat nie net in die werksplek nie maar ook in hul persoonlike lewe waardevol sal wees. Só groei hulle tot gebalanseerde individue wat met empatie, insig en verantwoordelikheid tot die versorgingsberoep toetree – gereed om werklik 'n verskil te maak.

Vir wie is hierdie kursus?

Hierdie kursus is ideaal vir persone wat 'n roeping voel om ander by te staan. Tuisversorgers speel 'n belangrike rol in die ondersteuning van bejaardes, siekes en mense met spesiale behoeftes. As jy 'n natuurlike omgee-aard het, geduldig is en 'n belangstelling in menslike welstand het, is hierdie kursus vir jou. Al wat nodig is, is die opregte begeerte om 'n verskil te maak.

Hoekom moet jy opleiding as tuisgebaseerde versorging oorweeg?

Hierdie praktiese, omvattende opleiding rus jou toe om as 'n tuisversorgingsassistent op te tree. Jy kan dan onder toesig van 'n geregistreerde verpleegkundige of gekwalifiseerde tuisversorger 'n verskil kan maak in die lewens van pasiënte en hul gesinne – net daar in hul eie huise of in aftreeoorde of selfs by gemeenskapsgebaseerde organisasies soos kleuterskole.

Navrae

Ontak ons asseblief vir alle navrae.

Registreer nou

Klik op die skakel om jou plek te waarborg:

Benodig jy finansiële ondersteuning?

KLIK HIER om meer te leer oor die finansiële ondersteuning opsies wat beskikbaar is