Die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut bied 'n kursus vir die opleiding van tuissorgassistente aan. Hierdie kursus fokus op basiese opleiding in die versorging van kwesbare mense soos pasiënte en bejaardes en is gegrond op 'n Christelik-gereformeerde waardestelsel. Ons glo dat hierdie kursus toeganklik moet wees vir almal wat 'n verskil in ander se lewens wil maak. Die aanlyn aanbieding van die kursus vir tuissorgassistente maak kwaliteitopleiding in dié veld nou toeganklik vir almal – selfs al is jy deur die dag besig met byvoorbeeld werk of gesinsverpligtinge of al bly jy te ver van die kampus af om klasse daar by te woon.
Kwalifikasie en akkreditasie
Beroepsertifikaat:
- Tuissorgassistent (QCTO-geakkrediteer, NKR Vlak 2); 68 krediete
Toelatingsvereistes:
- Graad 10
- Vaardig in Afrikaans (onderrig vind in Afrikaans plaas)
- Eie rekenaar
- Betroubare internettoegang
Tydsduur: Nege (9) maande
Kampus
Waar studeer jy?
- Die teoretiese gedeelte aanlyn in die gemak van jou eie huis
- Praktiese werkplekure by 'n goedgekeurde tehuis of versorgingsinstansie in jou eie gemeenskap
- Dinsdae en Donderdae aanlyn sessies (18:00 – 20:00)
- Drie blokke van 'n week lank elk vir intensiewe praktiese opleiding in verskillende hoofsentrums reg oor Suid-Afrika; dit sal vooraf met jou bespreek word
Koste
Koste:
R22 000 (BTW ingesluit)
*Onderhewig aan veranderinge
Die koste sluit die volgende in:
- Registrasiefooi van R1 200
- Noodhulp Vlak 1-sertifikaat (TETA23-1568)
- Basiese versorgerstas
- Uniform
- Toegang tot ons aanlyn leerplatform
- Deurlopende akademiese ondersteuning
Aanvangsdatum
Sluitingsdatum vir aansoeke: 24 Julie 2026
Aanvangsdatum: 4 Augustus 2026
Doen op die webtuiste aansoek: AANSOEK
Kwalifikasie en akkreditasie
Beroepsertifikaat: Tuissorgassistent (QCTO-geakkrediteer, NKR Vlak 2); 68 krediete
Toelatingsvereistes
- Graad 10
- Vaardig in Afrikaans (onderrig vind in Afrikaans plaas)
- Eie rekenaar
- Betroubare internettoegang
Tydsduur
Nege (9) maande
Waar studeer jy?
- Die teoretiese gedeelte aanlyn in die gemak van jou eie huis
- Praktiese werkplekure by 'n goedgekeurde tehuis of versorgingsinstansie in jou eie gemeenskap
- Dinsdae en Donderdae aanlyn sessies (18:00 – 20:00)
- Drie blokke van 'n week lank elk vir intensiewe praktiese opleiding in verskillende hoofsentrums reg oor Suid-Afrika; dit sal vooraf met jou bespreek word
Koste
Koste:
R22 000 (BTW ingesluit)
*Onderhewig aan veranderinge
Die koste sluit die volgende in:
- Registrasiefooi van R1 200
- Noodhulp Vlak 1-sertifikaat (TETA23-1568)
- Basiese versorgerstas
- Uniform
- Toegang tot ons aanlyn leerplatform
- Deurlopende akademiese ondersteuning
Opleidingsformaat
Ons aanlyn program strek oor nege (9) maande en bestaan uit drie goed geïntegreerde komponente:
- Teorie: 'n Ervare, geregistreerde verpleegkundige bied klasse aan op die aanlyn leerplatform en oor Teams.
- Praktiese vaardighede: Studente oefen praktiese sorgvaardighede tydens drie week lange blokke reg oor Suid-Afrika.
- Werkservaring: Studente werk onder toesig in 'n tehuis in diens van die gemeenskap om ervaring op te doen en hulle vaardighede verder te verfyn.
Die program word in Afrikaans aangebied.
Teoretiese klasse is verpligtend en word elke Dinsdag en Donderdag 18:00 tot 20:00 aangebied.
Die finale assessering is 'n eksterne eksamen. Na die suksesvolle aflegging van die eksamen kan jy as 'n gekwalifiseerde tuisversorgingsassistent werk.
Teoretiese module
Fundamentele beginsels van tuisversorging: etiese raamwerk waarbinne versorging plaasvind
Praktiese modules
- Identifiseer en rapporteer probleme en behoeftes van pasiënte, hul gesinne en huishoudings.
- Fisiese versorging soos pynbeheer, posisionering, mobilisasie, eerstehulp, ondersteuning tydens psigiese gesondheidsprobleme, versorging van kwesbare en bejaarde persone, uitvoering van basiese ondersoeke en toetse, en hulpverlening met wondversorging word deur die verpleegkundige beplan.
- Bemagtiging van pasiënte, hul gesinne en huishoudings deur middel van onderrig in fisiese versorging.
Werkservaringmodules
- Versorg bejaardes, kwesbares en gestremdes in plaaslike tehuise vir bejaardes
- Werk onder die toesig van 'n geregistreerde verpleegkundige en gekwalifiseerde versorger
Vir wie is hierdie kursus?
Hierdie kursus is ideaal vir persone wat 'n roeping voel om ander by te staan. Tuisversorgers speel 'n belangrike rol in die ondersteuning van bejaardes, siekes en mense met spesiale behoeftes. As jy 'n natuurlike omgee-aard het, geduldig is en 'n belangstelling in menslike welstand het, is hierdie kursus vir jou. Al wat nodig is, is die opregte begeerte om 'n verskil te maak.
Hoekom moet jy opleiding as Tuisversorging oorweeg?
Hierdie praktiese, omvattende opleiding rus jou toe om as 'n tuisversorgingsassistent op te tree. Jy kan dan onder toesig van 'n geregistreerde verpleegkundige of gekwalifiseerde tuisversorger 'n verskil kan maak in die lewens van pasiënte en hul gesinne – net daar in hul eie huise of in aftreeoorde of selfs by gemeenskapsgebaseerde organisasies soos kleuterskole.
Navrae
Ontak ons asseblief vir alle navrae.
Registreer nou
Klik op die skakel om jou plek te waarborg:
Benodig jy finansiële ondersteuning?
KLIK HIER om meer te leer oor die finansiële ondersteuning opsies wat beskikbaar is
