Kursusse in tuisversorging
Tuisversorger-kursus (Voltyds)
NKR Vlak 3, 135 krediete
Fokus op die holistiese ontwikkeling van tuisversorgers om kwesbare mense soos kinders, bejaardes, persone met gestremdhede en pasiënte te versorg.
Loopbaanuitkomste: Werk in tehuise of doen privaat tuisversorging onder beperkte toesig. Kindersorg, byvoorbeeld kinderoppasseer, Au Pair of kleuterskool-assistent. Versorg pasiënte wat na ‘n operasie herstel.
Duur: Een akademiese jaar | Minimum vereistes: Graad 12-sertifikaat | Studiekoste: R29 850
Tuissorgassistent-kursus (Voltyds)
NKR Vlak 2, 68 krediete
Fokus op die basiese opleiding in die versorging van pasiënte, bejaardes en ander kwesbare persone volgens voorafbepaalde sorginstruksies.
Loopbaanuitkomstes: Werk in tehuise of mediese sorgfasiliteite of doen privaat tuisversorging onder direkte toesig van ‘n gekwalifiseerde tuisversorger of gesondheidswerker soos ‘n verpleegkundige.
Duur: Ses (6) maande | Studiekoste: R18 000
Tuissorgassistent-kursus (Deeltyds aanlyn)
NKR Vlak 2, 68 krediete
Fokus op die basiese opleiding in die versorging van pasiënte, bejaardes en ander kwesbare persone volgens voorafbepaalde sorginstruksies.
Ons verstaan dat baie mense graag ’n kwalifikasie wil verwerf, maar dat werk-, gesins- en ander verantwoordelikhede dit moeilik maak om voltyds te studeer. Met ons nuwe deeltydse Tuissorgassistent-kursus kan jy nou jou opleiding voltooi sonder om jou huidige verpligtinge prys te gee.
Loopbaanuitkomstes: Werk in tehuise of mediese sorgfasiliteite of doen privaat tuisversorging onder direkte toesig van ‘n gekwalifiseerde tuisversorger of gesondheidswerker soos ‘n verpleegkundige.
Duur: Nege (9) maande | Studiekostes: R22 000
Kortkursusse
Inleiding tot Palliatiewe sorg
5 September, 12 September, 3 Oktober, 10 Oktober (08:00-14:00)
(Kursus strek oor 4 dae)
Palliatiewe sorg fokus op die versorging en ondersteuning van mense met 'n lewensbedreigende siekte en hul geliefdes. Die simptome en die stres van saamleef met 'n kroniese siekte word hanteer.
Die doel van palliatiewe sorg is om die beste moontlike lewenskwaliteit vir pasiënte en hul gesinne te bewerkstellig. Die klem is op die lewe en nie op die dood nie.
Koste: R2900
Bemeester gestremdheid
5, 12, 19 September
3, 10, 17 Oktober
(08:00-14:00)
(Kursus strek oor 6 dae)
Begeleiding van persone met gestremdhede is meer as blote versorging en die voorsiening in basiese behoeftes. Die doel is om 'n beter lewenskwaliteit vir die persone met gestremdhede en hulle gesinslede te bewerkstellig deur te fokus op die potensiaal van persone met gestremdhede en nie hul beperkings of gestremdheid nie.
Koste: R3900
