Kortkursusse
R50
Selfbeeld en Roeping
Datum: 22 Augustus 2024
09:00 (Aanlyn webinaar op Teams)
Aanbieder: Hannes Noëth
Prys: R50 per registrasie
Alle mense op aarde worstel iewers in hul lewe met die vrae:
Leef ek my roeping uit?
Waarvoor is ek geroep?
Hoe soek ek my roeping?
Hoe maak ek keuses rakende my roeping?
Kom ons gesels daarom oor roeping! Ons konfronteer jou met jou eie roeping en jou eie roepingsvrae, soos: Leef ek geroepe?
Ons vra ook die vrae waaroor ons meer dink as wat ons wil erken:
Wie is ek? Voor myself en voor God?
Is ek goed genoeg?
Kom ons besin daarom saam oor selfbeeld en Godsbeeld ...
Onderwerpe wat hanteer word:
- Wie is geroep?
- Wanneer is ek geroep?
- Waar is ek geroep?
- Selfbeeld?
- Godsbeeld?
- Identiteit?
Vriendelike groete
Hannes Noëth
012 111 8360
Besonderhede:
Tydsduur
1 Dag