Rousmart en Depressie
Kortkursusse
R400
Datum: 25-26 Julie
08:30 vir 09:00
Aanbieder: Mnr. Hannes Noëth
Prys: R400
Alle kursusmateriaal is ingesluit in die prys.
Adres: Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut
David Langleystraat 433
Garsfontein
Pretoria
ROUSMART
Tot en met die wederkoms van ons Here Jesus Christus sal daar dood op aarde wees. Dit is die weg van almal op aarde. Maar dood maak seer en bring vrae. Kom luister en praat saam oor 'n 100 vrae en antwoorde oor die dood.
DEPRESSIE
Wanneer 'n mens elke dag worstel met die simptome van depressie kan dit jou magteloos en moedeloos laat voel. Maar daar is handvatsels wat jy kan leer vasgryp sodat jy ten spyte van depressie kan lééf en nie net oorleef nie. Depressie kan 'n struikelblok wees, maar dit hoef nie jou hele lewe te verwoes nie. Kom kuier, leer en gesels saam oor hoe ons die uitdagings van depressie een vir een kan hanteer.
Onderwerpe wat hanteer word:
- Wat is depressie?
- Hoekom ek?
- Watter behandeling is suksesvol?
- Hoe ondersteun ek iemand met depressie?
- Hoe ondersteun ek die ondersteuner?
- Hoekom gaan ons dood?
- Wat gebeur tydens die dood?
- Wat gebeur na my dood?
- Hoe hanteer ek die seer van dood?
- Hoe troos ek 'n ander?
Vriendelike groete
Mnr. Hannes Noëth
012 111 8360
Besonderhede:
Tydsduur
2 Dae