Nuus en artikels
Die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut vier vanjaar nie net die nuwe groep van 37 opgeleide versorgers nie, maar ook ons vyf jaar van groei, roeping en hoop. Wanneer mense aan opleiding dink, dink hulle dikwels net aan boeke en eksamens en of jy slaag of druip. Maar vir ons gaan opleiding oor veel meer: Dit…
Sondagmiddae het ons altyd rondgery, so ‘n lekker rondomtalieroete van ons tuisdorp na een van die omliggende dorpe. Gewoonlik het ons gestop vir ‘n lekker draairoomys of een of ander lekker soet proppie waarvoor ons lus was en dan weer terug. Soos elke dogtertjie maar is, neem jy maar ‘n handsakkie saam met jou en…
Deur ‘n versorger Daardie eerste dag in Maart 2025 wat ons as groentjies in die tehuis ingestap het om met ons praktiese ure as versorgers te begin, het almal ewe verskrik gelyk – ons as studente, die personeel en die bejaarde pasiënte. Daar is 19 tannies in die verswakte afdeling en hulle praat amper glad…
In ‘n sonligkol op die stoep, tussen ‘n beker koffie sonder suiker en ‘n gebreide kombers, sit Tannie Martie en wag … Nie vir haar kinders nie – hulle woon lankal oorsee.Nie vir haar man nie – hy het al jare gelede stil geraak.Nie op die personeel nie – haar voete ken reeds die roete…
Ouer persone vorm ‘n waardevolle deel van ons gemeenskap. Hulle dra hul wysheid, ervaring en herinneringe van die verlede oor aan die wat agterbly. In ʼn tyd wanneer ouer persone toenemend afhanklik word van ander mense, is dit noodsaaklik om na hul welstand om te sien. Welstand verwys nie net na fisiese gesondheid nie, maar…
‘n Lewensles van ‘n besorgde werkende dogter Die dag is lank en die las is swaar op my skouers. Elke aand gaan ek na ‘n lang dag se werk huis toe om die werklikheid van my bestaan in die oë te kyk: Die versorging van my verswakte ouers. Ons maak planne, maar die planne word…
In ons alledaagse lewens betrap die onverwagte ons soms onkant. Ons pak ons daaglikse take met ‘n veronderstelling van stabiliteit en veiligheid aan sonder om te besef hoe vinnig hierdie realiteit kan verander. Al die onsekerhede waarmee ons daagliks gekonfronteer word, is ‘n gegewe. Die werklikheid is dat noodlottige gebeure en noodgevalle enigiemand en enige…
Die waarde van kwaliteitopleiding Die rol van kwaliteitopleiding in ons samelewing kan nie onderskat word nie. Dit speel ‘n deurslaggewende rol in die ontwikkeling van individue, gemeenskappe, en die samelewing as geheel, daarom is dit van kardinale belang en ‘n noodsaaklike belegging in die toekoms. By die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut lei ons versorgers op.…
Versorgers speel ‘n deurslaggewende rol in gemeenskappe. Dit kan onder andere gesondheidsorg, bejaardesorg, sorg vir persone met spesiale behoeftes en kindersorg insluit. Die belangrikheid van versorgers moet nie onderskat word nie. Ondersteuning aan kwesbare individue: Versorgers verskaf fisiese en emosionele ondersteuning aan diegene wat nie ten volle vir hulself kan sorg nie. Bejaardes, persone met…
Veroudering is iets wat ons almal op een of ander wyse in die gesig staar. Of dit nou die persoon is wat in die spieël na jou terugkyk of jou ouers wat hul arms al hoe verder uitstrek om die spyskaart te kan lees. Dis waaroor baie van ons daagliks dink of wat ons daaglikse…
- 1
- 2
- Volgende »