Registreer

Neem asseblief kennis dat die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut
gesluit sal wees vanaf 17 Desember 2024 tot en met 2 Januarie 2025.

Navrae wat ontvang word na 13 Desember 2024,
sal vroeg in Januarie 2025 hanteer word en terugvoering sal vanaf 6 Januarie 2025 geskied.

Geseënde Kersfees en ʼn Voorspoedige 2025.

Die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut-span

bepalings en voorwaardes

Kansellasie en terugbetalings

Geen geld sal terugbetaal word in geval van 'n kansellasie nie.

Indien die kursusganger die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut 15 dae voor die aanvang van die opleiding skriftelike in kennis stel dat hy of sy die opleiding nie kan meemaak nie, sal hy of sy by die volgende opleidingsgeleentheid kan inskakel.

Veranderinge en kansellasies deur die verskaffer

Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut behou die reg voor om die opleiding te kanselleer of te herskeduleer weens onvoorsiene omstandighede soos onvoldoende registrasies of onbeskikbaarheid van opleiers.

Sertifiseringskriteria

Om na voltooiing van die opleiding 'n sertifikaat te verwerf, moet die kursusganger:

  • albei sessies bywoon;
  • alle assesserings en eksamens slaag; en
  • bevoegdheid om die vereiste noodhulpvaardighede toe te pas, demonstreer.

Intellektuele eiendom

Dit is onwettig vir kursusgangers om opleidingsmateriaal, handleidings of kopieregbeskermde inhoud te reproduseer, versprei of sonder uitdruklike toestemming van die instansie te deel.

Gedragskode en deelnemers se verantwoordelikhede

Kursusgangers moet tydens die opleiding 'n sekere gedragskode nakom. Dit sluit die volgende in:

  • Respek vir opleiers en medekursusgangers
  • vertroulike hantering van gedeelde inligting
  • Voldoening aan veiligheidsriglyne
  • Stiptelikheid
  • Aktiewe deelname aan die opleidingsaktiwiteite

Dat die opleier se instruksies gevolg sal word