Kursusse in tuisversorging

pexels-thirdman-7659564

Tuisversorger-kursus (Voltyds)

NKR Vlak 3, 135 krediete

Fokus op die holistiese ontwikkeling van tuisversorgers om kwesbare mense soos kinders, bejaardes, persone met gestremdhede en pasiënte te versorg.

Loopbaanuitkomste: Werk in tehuise of doen privaat tuisversorging onder beperkte toesig. Kindersorg, byvoorbeeld kinderoppasseer, Au Pair of kleuterskool-assistent. Versorg pasiënte wat na ‘n operasie herstel.

Duur: Een akademiese jaar | Minimum vereistes: Graad 12-sertifikaat | Studiekoste: R29 850

AkademiaHelpendeHand-035

Tuissorgassistent-kursus (Voltyds)

NKR Vlak 2, 68 krediete

Fokus op die basiese opleiding in die versorging van pasiënte, bejaardes en ander kwesbare persone volgens voorafbepaalde sorginstruksies.

Loopbaanuitkomstes: Werk in tehuise of mediese sorgfasiliteite of doen privaat tuisversorging onder direkte toesig van ‘n gekwalifiseerde tuisversorger of gesondheidswerker soos ‘n verpleegkundige.

Duur: Ses (6) maande | Studiekoste: R18 000

AkademiaHelpendeHand-130

Tuissorgassistent-kursus (Deeltyds aanlyn)

NKR Vlak 2, 68 krediete

Fokus op die basiese opleiding in die versorging van pasiënte, bejaardes en ander kwesbare persone volgens voorafbepaalde sorginstruksies.

Ons verstaan dat baie mense graag ’n kwalifikasie wil verwerf, maar dat werk-, gesins- en ander verantwoordelikhede dit moeilik maak om voltyds te studeer. Met ons nuwe deeltydse Tuissorgassistent-kursus kan jy nou jou opleiding voltooi sonder om jou huidige verpligtinge prys te gee.

Loopbaanuitkomstes: Werk in tehuise of mediese sorgfasiliteite of doen privaat tuisversorging onder direkte toesig van ‘n gekwalifiseerde tuisversorger of gesondheidswerker soos ‘n verpleegkundige.

Duur: Nege (9) maande | Studiekostes: R22 000