Gereelde vrae en antwoorde
Algemene vrae oor die Opleidingsinstituut
Is 'n kampusbesoek moontlik?
Om 'n kampusbesoek te reël, kan u gerus 'n e-pos stuur na [email protected].
Besoek gerus ons webtuiste by die skakel vir datums van kampusopedae: https://helpendehandopleiding.co.za/kampustoere/
Waar is die kampus geleë?
David Langleystraat 433
Garsfontein
Pretoria
Is daar 'n koshuis of ander studenteverblyf beskikbaar?
Studenteverblyf is ongelukkig nie beskikbaar nie, maar volg gerus die skakel om nabygeleë akkommodasie te soek: https://helpendehandopleiding.co.za/verblyf/
Algemene vrae oor aansoeke
Waar kan ek aansoek doen vir die Opleidingsinstituut se kortkursusse?
Gaan kyk gerus op die skakel watter kortkursusse aangebied word en doen aansoek: https://helpendehandopleiding.co.za/kortkursusse/
Wat is die volgende innamedatum?
Raadpleeg gerus ons webtuiste by die skakel vir die volgende inname datum: https://helpendehandopleiding.co.za/versorgingsopleiding/
Wanneer sluit aansoeke?
Raadpleeg gerus ons webtuiste by die skakel vir die sluitingsdatum vir aansoeke: https://helpendehandopleiding.co.za/versorgingsopleiding/
Vrae oor kursusse
Waaruit bestaan die inhoud van die versorgersopleiding?
Die student kry teoretiese kennis, oefen vaardighede in ons simulasie-laboratorium en doen werksplekgebaseerde ervaring op.
Waar doen studente werksplekgebaseerde ervaring op?
Studente doen praktiese ervaring op by instansies soos tehuise vir bejaardes wat deur Helpende Hand geïdentifiseer is. Die Opleidingsinstituut tref al die nodige reëlings met die instansie.
Verdien studente 'n inkomste tydens die duur van die opleiding?
Nee, studente verdien geen inkomste tydens die opleiding nie.
Vrae oor versorgingskursusse
Waar en hoe kan ek aansoek doen vir die opleiding in tuisversorging?
Volg gerus die skakel om aansoek te doen vir opleiding in tuisversorging: https://helpendehandopleiding.co.za/versorgingsopleiding/
Het die versorgingsopleiding 'n ouderdomsbeperking?
Die minimum ouderdom is 18 jaar. Studente moet fisies en geestelik gesond wees, mense se waardigheid hoog op prys stel en 'n graad10-sertifikaat hê.
Is dit moontlik om die versorgingsopleiding aanlyn by te woon?
Nee. Omdat die kursus 'n praktiese element insluit, kan dit nie aanlyn bygewoon word nie.
Wat is die duur van die versorgingsopleiding?
Die opleiding van versorgingsassistente duur ongeveer 6 maande.
Die opleiding van versorgers duur ongeveer 11 maande.
Waarom is hierdie versorgingsopleiding beter as ander?
Die kursus is baie meer omvattend as die minimum uitkomste wat die Quality Council for Trades and Occupations (QCTO) voorskryf. Ons bied aanvullende modules aan wat gerig is op persoonlike en leierskapsontwikkeling asook ander modules wat die studente nodig het om gehaltesorg en persoonlike ontwikkeling te verseker. Dit sluit onder meer die volgende in: kommunikasievaardighede, konflikhantering, intreevlak-noodhulp, finansiële en beroepsvoorligting en vaardighede soos wondsorg en katetersorg.
Waar kan ek na die opleiding gaan werk?
Ons ervaring is dat daar baie geleentheid vir afgestudeerde studente is. Studente wat die opleiding suksesvol voltooi het, kan as 'n tuisversorger of versorgingshulp deur tehuise of ander instansies in diens geneem word. Hulle kan ook privaat werk.
Die Opleidingsinstituut ontvang baie navraag van mense in die gemeenskap wat 'n behoefte aan versorgers het en dit word voortdurend aan die studente deurgegee.
In watter taal word die opleiding aangebied?
Die kursus word in Afrikaans aangebied, maar QCTO se finale eksamen moet in Engels afgelê word.
Kan die versorgingsopleiding deeltyds gedoen word?
Nee. Die teoretiese klasse en praktiese komponent maak dit onmoontlik om die opleiding deeltyds te doen.
Wat is die koste van die versorgingsopleiding?
Gaan kyk gerus op die skakel wat die koste van die opleiding is:
Wat kan ek doen as ek nie die nodige fondse het vir die opleiding nie?
Solidariteit Helpende Hand bied rentevrye studielenings aan. Gaan kyk gerus op die skakel wat die bepalings en voorwaardes is: https://hh-studietrust.co.za/
Watter kwalifikasie kry 'n mens na die suksesvolle voltooiing van die opleiding?
Versorgingsassistent: Akkreditasie: QCTO, NKR Vlak 2, 68 krediete
Versorger: Akkreditasie: QCTO, NKR Vlak 3, 135 krediete
Wat is die minimum toelatingsvereiste vir toelating tot die versorgingsopleiding?
Graad 10
