Aanvangsdatum en duur van die kursus: 6 September – 18 Oktober 2025 (Elke Saterdag)
Die begeleiding van persone met gestremdhede behels meer as blote versorging en voorsiening in basiese behoeftes. Die doel is om 'n beter lewenskwaliteit vir die persone met gestremdhede en hulle gesinslede te bewerkstellig deur te fokus op die persone met gestremdhede se potensiaal en nie hul beperkings of gestremdheid nie.
Vir wie is hierdie kursus?
Hoekom moet jy hierdie kursus oorweeg?
Ware versorging gaan nie net oor mense se tekortkominge nie, maar oor wat die moontlikhede is. Hierdie kursus fokus op mense met gestremdhede se potensiaal, nie hul beperkings nie. As jy 'n verskil in gemeenskappe wil maak, is hierdie kursus vir jou.
Wat behels die kortkursus?
Inhoud: 6 modules
Koste: R3 900, alle kursusmateriaal ingesluit
Tydsduur: 6 dae
Minimum vereistes: Graad 10 en ervaring in versorging
Aanbieder: Sal nog bevestig word
Kampus: Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut, David Langleystraat 433, Garsfontein, Pretoria
Kursusinhoud
Die begeleiding van persone met gestremdhede het ten doel om hulle en hul gesinslede se lewenskwaliteit te verbeter deur te fokus op die persone met gestremdhede se potensiaal en nie hul beperkings of gestremdheid nie.
Die kursus sluit onder meer die volgende in:
- Gestremdhede en die effek daarvan op die pasiënt en huishouding
- Die gebruik van hulpmiddels om 'n beter lewenskwaliteit te verseker
- Die impak van potensieel sekondêre komplikasies van gestremdheid en die hantering daarvan
- Kommunikasie met en emosionele ondersteuning van gestremde persone en hul gesinne
- Basiese stimulasie en die aanleer van lewensvaardighede
- Uitdagings in die werksituasie
Navrae
Stuur asseblief 'n e-pos na [email protected]
vir alle navrae.
Registreer nou
Klik op die skakel om jou plek te waarborg:
Is jy 'n lid van Solidariteit?
Lede van Solidariteit kwalifiseer vir eksklusiewe afslag op die kursus vir tuisgebaseerde versorgingsassistente! As jy reeds 'n lid is, klik op die skakel om meer daaroor uit te vind: SOLIDARITEIT-OPLEIDINGSVOORDEEL
