Beste Alumnus
Baie geluk met die voltooiing van jou kursus. As alumni wil ons jou graag steeds deel hou van ons Opleidingsinstituut-familie. Jou reis het dalk 'n nuwe rigting ingeslaan sedert jy jou kursus hier voltooi het, maar jou band met ons leef voort – as waardevolle alumnus wat steeds 'n impak maak in jou gemeenskap en beroep.
As lid van ons alumni-netwerk nooi ons jou uit om aktief betrokke te bly: Neem deel aan spesiale byeenkomste, netwerkgeleenthede en belê in ons toekoms.
Dankie dat jy deel is van ons nalatenskap. Ons sien uit daarna om weer saam met jou waarde toe te voeg in ons gemeenskap en die wêreld.
Met waardering
Dr. Elsha Hermann
Hoof van Navorsing en Opleiding: Solidariteit Helpende Hand
Deel jou storie
Jou storie kan ander inspireer!
Ons nooi jou met groot waardering uit om jou persoonlike reis met ons te deel. Vertel ons hoe jou tyd by die Opleidingsentrum 'n verskil in jou lewe gemaak het – en help daarmee om hoop en inspirasie aan ander te bring. Versorging is nie net 'n werk nie, dit is 'n roeping.
Stuur jou storie per e-pos na [email protected] (besig met nuwe e-pos adres hiervoor) en sluit asseblief die volgende inligting in:
- Jou naam en van
- Die kursus of opleiding wat jy voltooi het en die jaar waarin jy dit voltooi het
- Jou storie – hoe dit jou gehelp het, wat jy geleer het, of waar jy nou is
- 'n Foto van jouself (indien moontlik)
Ons is opgewonde om jou storie te lees en dit met trots met ander te deel!
Bou saam aan die toekoms – dra vandag by
As oudstudent het jy eerstehands beleef watter verskil gehalte opleiding kan maak. Nou nooi ons jou om saam met ons te bou aan die toekoms van ons Helpende Hand Opleidingsinstituut.
Jou bydrae, groot of klein, maak ’n wesenlike verskil. Dit help ons om:
- Meer studente toegang tot opleiding te gee
- Programme verder te ontwikkel
- Die standaard van onderrig en fasiliteite te verhoog
- En ‘n welstand in gemeenskappe te bevorder
Dra vandag by en help vorm aan die volgende generasie.
Saam kan ons ʼn nalatenskap van groei en geleenthede bou.
Dateer jou inligting op
"*" indicates required fields
